WEN! Boeke wat die kleinspan besig hou

Vandag staan jy ‘n kans om ‘n stel van 5 boeke te wen om die kleinspan besig te hou!

WEN! Boeke wat die kleinspan besig hou

WEN! Boeke om die kleinspan besig te hou

Bennie Boekwurm se Besige Pretboek

Kom speel en leer saam met Bennie en sy maats in Bennie Boekwurm se Besige Pretboek. Hierdie pragtige boek is gevul met 30 legkaarte, raaisels, inkleurprente en ander speletjies soos gesien in Huisgenoot se pretbladsye vir kinders. Saam met Bennie Boekwurm, Karel Kraai, Sarel Seemonster en al die inwoners van Wielie Walie-parkie, sal die kleinspan vir ure lank saam kan speel. En sommer lekker leer sonder dat hulle weet!

Bennie Boekwurm

Vou en vind: Ontdek diere! en Reis Deur Tyd!

Hierdie unieke vouboeke gaan die kleinspan vir ure besig hou met honderde goed om te soek en vind. Ontdek Diere! bevat verskeie dieretonele en Reis Deur Tyd! is propvol  historiese tonele.

Wen kinderboeke

Speelmaats: Kiets & Maats en Woef & Maats

Hierdie vat-my-saam aktiwiteitsboeke is stampvol aktiwiteite wat sal verseker dat jy nie maklik “ek’s verveeld” sal hoor nie.  Aktiwiteite sluit in teken en inkleur, soek die verskille, patroonherkenning, doolhowe, verbind die kolle, natrek en nog meer!

Dis hoe jy kan wen…

Dis maklik: Sê vir my hieronder watter boek jy die graagste wil wen; en dan wen jy dalk al vyf!

Gaan loer op Facebook en Instagram vir addisionele inskrywings.

Wenner word op 13 September 2019 aangekondig.

Hou duim vas!

xoxo

31 Replies to “WEN! Boeke wat die kleinspan besig hou”

  1. “Ontdek diere” sal my seuntjie ure lank besig hou, hy is baie lief vir boeke, selfs vir n gewone Bybel sonder prente, hy vra altyd vir my “mamma gee boek” dan hou dit hom vreeslik lank besig!

  2. Sommer almal is oulik vir hierdie ouma……
    Ken darem vir Bennie Boekwurm al baie lank met so baie mooi herinneringe!!!!!!

  3. Wat ‘n lekker prys om te kan wen! Ek het ‘n liefde vir lees en ek hoop ek kan die liefde aan my dierbare dogtertjie oordra. Nuuskierigheid het my liefde vir lees gekweek en daarom sal ek die heel graagste die boeke wil wen:
    Vou en vind: Ontdek diere! en Reis Deur Tyd!

  4. Ek het ‘n 1jarige seuntjie en ‘n dogtertjie op pad in Januarie. Ons wil só graag ons fokus en energie daarop spandeer om ons kinders te probeer grootmaak met die outydse maniere, waardes en tydverdryf waarmee ek en my man groot geword het. Bennie Boekwurm en al die maats van Wielie Walie was ‘n daaglike opwinding vir ons albei en dit sal so baie nostalgie opwakker as ons dit vir ons tweetjies sal kan voorlees, wat ‘n voorreg.

  5. Wow sal so so wonderlik wees I’m dit te wen vir my twee boekwurms.
    As ek een Moe’s kids sal dit Bennie Boekwurm se Besige Pretboek wees.

  6. Ooooh sal nie kan kies nie!! Beslis AL VYF! Dis visueel aantreklik en treffende titels! Ons is n pediatriese spraakterapie praktyk en sal dit so lekker saam met die mammas kan gebruik met die kleintjies!! Love!!!!

  7. Ek is Mal oor die ontdek diere boek!!! My eerste baba kom oor 5 weke en ek lees klaar daagliks vir haar, so ek hoop sy gaan hou van lees en leer! Gelukkig is haar ouma versot op lees met n boek versameling van duisende boeke, so ek glo darem my baba gaan n liefde vir lees he!

  8. Altwee ons seuns (ouderdom 8 en 3) is versot op diere… so as ek aan hulle dink is dit verseker die ontdek diere boeke. Maar as ek aan myself dink en vleg bietjie nostalgie by sal Bennie Boekwurm wees. Want wie kan nou ooit Bennie Boekwurm se storietyd vergeet op wielie walie.

  9. Dit is regtig moeilik om enige van die boeke uit te sonder – almal is so uniek vir my seun in Graad RR en om hom te help voor te berei vir Graad R. Maar aangesien ek moet kies dink ek Vou en vind: Ontdek diere! en Reis Deur Tyd! sal hy die meeste geniet sonder om eers agter te kom dat hy eintlik een van sy vaardighede in die proses opknap.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *