WEN! Boeke wat die kleinspan besig hou

Vandag staan jy ‘n kans om ‘n stel van 5 boeke te wen om die kleinspan besig te hou!

WEN! Boeke wat die kleinspan besig hou

WEN! Boeke om die kleinspan besig te hou

Bennie Boekwurm se Besige Pretboek

Kom speel en leer saam met Bennie en sy maats in Bennie Boekwurm se Besige Pretboek. Hierdie pragtige boek is gevul met 30 legkaarte, raaisels, inkleurprente en ander speletjies soos gesien in Huisgenoot se pretbladsye vir kinders. Saam met Bennie Boekwurm, Karel Kraai, Sarel Seemonster en al die inwoners van Wielie Walie-parkie, sal die kleinspan vir ure lank saam kan speel. En sommer lekker leer sonder dat hulle weet!

Bennie Boekwurm

Vou en vind: Ontdek diere! en Reis Deur Tyd!

Hierdie unieke vouboeke gaan die kleinspan vir ure besig hou met honderde goed om te soek en vind. Ontdek Diere! bevat verskeie dieretonele en Reis Deur Tyd! is propvol  historiese tonele.

Wen kinderboeke

Speelmaats: Kiets & Maats en Woef & Maats

Hierdie vat-my-saam aktiwiteitsboeke is stampvol aktiwiteite wat sal verseker dat jy nie maklik “ek’s verveeld” sal hoor nie.  Aktiwiteite sluit in teken en inkleur, soek die verskille, patroonherkenning, doolhowe, verbind die kolle, natrek en nog meer!

Dis hoe jy kan wen…

Dis maklik: Sê vir my hieronder watter boek jy die graagste wil wen; en dan wen jy dalk al vyf!

Gaan loer op Facebook en Instagram vir addisionele inskrywings.

Wenner word op 13 September 2019 aangekondig.

Hou duim vas!

xoxo